Boervin: Whatsapp boodskap wat Boeremag valslik betrek

11 & 12 Februarie 2017 was daar ‘n whatsapp boodskap wat rondtes gedoen het wat vertel dat die ‘Boeremag’ een of ander inligting vrygestel het. Hierdie boodskap is vals en kom hoegenaamd glad nie van die sogenaamde ‘Boeremag’ af nie. Boervin hanteer die belange van die Boerevolk Politieke Gevangenes, wat van die Boeremag gevangenes insluit. Boervin kan bevestig dat die koppeling van Boeremagaangehoudenes aan die berig totaal vals is.