Boeremaglid in tronk se gradedag gekanselleer

In die media:

Netwerk24 berig, 27 April 2017

Boeremag lid in tronk se gradedag gekanselleer

Die familie van ’n Boeremaglid wat sy doktorsgraad in die tronk verwerf het, sê hulle moes kort voor die hekke van die Zonderwater-gevangenis omdraai omdat sy gradeplegtigheid ter elfder ure gekanselleer is.

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) ontken dat daar so ’n gradeplegtigheid in die tronk gehou sou word.

Wilhelm Pretorius (39), een van baie min gevangenes wat ’n doktorsgraad in die tronk behaal het, is die aand voor die plegtigheid toegesluit voordat hy ’n amptenaar van die Universiteit van Pretoria (UP) kon kontak om reëlings te verander.

LEES DIE ARTIKEL

Maroela Media berig, 28 April 2017

Boeremaglid se gradeplegtigheid glo gekanselleer

Wilhelm Pretorius, een van die sogenaamde Boeremag-gevangenes, se gradeplegtigheid is glo ure voor dit sou plaasvind gekanselleer.

Riette van Schalkwyk, woordvoerder van Boervin, ‘n organisasie wat hom beywer vir “die vrylating van die Boerevolk se Politieke Gevangenes”, het gese dat Pretorius het sy doktorsgraad in kerkgeskiedenis cum laude aan die Universiteit van Pretoria

LEES DIE ARTIKEL