2 Mei 2018: Boervin se kommentaar op: ‘Boeremag infiltreer glo staat se IT-stelsel’ op Beeld webwerf

Mediaverklaring: Boervin se kommentaar op: ‘Boeremag infiltreer glo staat se IT-stelsel’ op Beeld webwerf 2 Mei 2018

Riëtte Pretorius van Boervin, (Boerevolk Vryheidsinisiatief sien www.boervin.org) ‘n nie-winsgewende maatskappy wat se hoofdoel is om die menseregte van die Boervolk se politieke gevangenes te beskerm en poog om wettig hul vrylating te bewerkstellig, het op die artikel in die Beeld van 2 Mei 2018 geantwoord dat die Boeremag nie bestaan nie tensy daar een of ander individu is wat hom- of haarself as die Boeremag bekendstel.

Pretorius verduidelik: “Ek vermoed dat daar verskuilde agendas is van mense wat valse aantuigings maak teenoor die voormalige sogenaamde ‘Boeremag’ individue. Indien enige van hierdie aantuigings werklik met enige van die voormalige ‘Boeremaglede’ verbind kan word, wat ek baie sterk twyfel, is dit ‘n individu wat iets in die mou voer in sy/haar eie kapasiteit en het niks met die sogenaamde ‘Boeremag’ te doen nie. Dit is baie meer waarskynlik om ʼn sameswering te wees van die mense wie hierdie aantuigings maak om die sogenaamde ‘Boeremag’ en sodoende ook die ware Boerevolk in Suid-Afrika te diskrediteer.”

Lees die oorspronklike artikel in die Beeld hier: https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/boeremag-infiltreer-glo-staat-se-it-stelsel-20180502

Teken die petisie dat jy AMNESTIE vir die Boerevolk se politieke gevangenes ondersteun. Die onreg duur voort. Genoeg is genoeg! Teken hier:  http://boervin.org/petisie-presidensiele-kwytskelding-vir-wilhelm-pretorius-en-die-boerevolk-se-politieke-gevangenes/

Skenk aan Boervin. Alle skenkings gaan vir wêreldwye bewusmaking van die Boerevolk se Politieke gevangenes in Suid-Afrika en die onreg wat teen hulle seevier met die doel om hulle vrylating wettig te bewerkstellig.
Skenk hier: http://boervin.org/skenk/

Vir navrae kontak:

Riëtte Pretorius
boervinorg@gmail.com