Brood en Melk Projek

Ons versoek elke werkende individu in Suid-Afrika en oorsee om ‘n maandelikse debietorder te teken van R25 vir die Boere Politieke Gevangenes. (Sien die geldeenheid omswaaier). In Suid-Afrika is R25 gelykstaande aan een brood (ongeveer R15) en een liter melk (ongeveer R10). Vul net die vorm hieronder in en ons  sal sorg vir die res.

Versprei die woord, vermenigvuldig die brood en melk. Alle donasies gaan vir die bewusmakingsveldtog projekte wat Boervin strategies beplan en administreer met die oog op hulle vrylating. Baie dankie!

Debietordervorm

  • U ID Nommer word vereis deur die nuwe regulasies met betrekking tot debietorders. Tik u paspoort nommer in indien u nie 'n SA burger is nie.

boervin_projek