Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof

Mediaverklaring: Boerevolk Politieke Gevangenes nader Grondwethof weens onwettige aanhouding Junie 2017 So vroeg as reeds April 2002 is van die Boeremagbeskuldigdes gearresteer.  Op 19 Mei 2002 het die rekord-hofsaak begin, wat vir die volgende meer as elf jaar sou voortsleep in die Hooggeregshof te Pretoria.  Die hoofaanklag waarvan 24 manne beskuldig was, is hoogverraad.  Terwyl sommiges borg gekry het, onder uitermatig …

Gradeplegtigheid vir Doktorsgraad in Zonderwater Gevangenis geweier enkele ure voor dit sou plaasvind

Zonderwater Gevangenis, Cullinan – Wilhelm Pretorius, gevangene van Boeremagsaak (Desember 2002) se gradeplegtigheid is deur Kaptein Tshoke, ʼn sekuriteitshoof van Zonderwater Korrektiewe Sentrum op 25 April geweier. Dit, slegs enkele ure voor die seremonie, om 10:00 die oggend, sou plaasvind. Pretorius het ‘n maand lank reeds toestemming by die Departement van Korrektiewe Dienste gehad, voor die skielike kansellasie. Pretorius is nie toegelaat …

Boeremag onreg duur voort: Twee Pretorius-broers word verlof tot appèl geweier

Die twee Pretorius-broers Dr. Johan (middel) en Wilhelm (regs) gesels in die hof met hulle vader Dr. Lets Pretorius in die hofsaal van die Hooggeregshof te Pretoria voor vonnisoplegging in Oktober 2013. Die twee Pretorius-broers, Dr. Johan en Wilhelm Pretorius, het 26 September 2016 verlof tot appèl aansoek gebring in die Hooggeregshof van Pretoria voor hulle verhoorregter, regter Eben Jordaan.  Adv. …

Twee Pretorius-broers vra persoonlik verlof tot appèl na nagenoeg 14 jaar in gevangenis

Die twee Pretorius-broers Dr. Johan (middel) en Wilhelm (regs) gesels in die hof met hulle vader Dr. Lets Pretorius in die hofsaal van die Hooggeregshof te Pretoria voor vonnisoplegging in Oktober 2013. Op Maandag, 26 September 2016, het twee van die Boere politieke gevangenes, die twee broers Dr. Johan en Wilhelm Pretorius, wat in die Boeremagsaak betrokke was, aansoek gedoen …